Hebraeca Lingua
Toe ons destyds elke oggend 07:30 in die klas moes vir prof. Botha se legendariese klasse het ons baie Hebreeus geleer. Nou is dit ‘n paar jaar later en deur nalatigheid en besigwees het ons Hebreeuse vermoë minder goed geword. Die doel van Hebrew Hangs is dan om bymekaar te kom en net lekker saam Hebreeus te lees.
Kom ons begin met dit wat ons alreeds met prof. Botha gelees het, naamlik Job en Rut, en daarvandaan kan ons in ander makliker tekste, Ester en die Josef-verhaal, indelf.
Ons ontmoet een keer ‘n week vir ‘n uur en ‘n half.